DÉON ROUX

ABOUT ME

Déon Roux has been writing for more than 30 years. He is a self-published author of a few Afrikaans novels and will continue to publish selected novels in English. Déon attained postgraduate degrees from the University of South Africa in both Communication Science and Psychology. He is currently a businessman who previously worked in the television industry as a producer. In 2009 he wrote, produced and directed an independent Afrikaans film ‘Bloedspoor’. Martial arts and psychology are some of his main interests.

MY BOOKS

Afrikaans

Duisternis (Donkerder Boek 4)

In die finale aflewering van die Donkerder-reeks keer al die karakters van die vorige drie boeke terug. Die speurafdeling word in ʼn krisis gedompel terwyl die soektog na die Besnyer’ voortgaan. Dit wil voorkom of hy verdwyn het en die kommissaris dreig dat ʼn alternatiewe span die ondersoek moet oorneem terwyl die dodesyfer in die dorp bly groei. Vir twee lede van die speurafdeling wag noodlottige eindes. Die Fourie gesin, met hul verwantskap aan die moordenaar maak ook hul verskyning. Intussen skuil meer as een moordenaar in die duisternis.

Afrikaans

Geskend (Donkerder Boek 3)

ʼn Ma en haar kind word grusaam vermoor. Herschel Gerber lei die ondersoek met die ondersteuning van Chris Nyanda en dokter Lucinda Brits. Met Ruan Roos se uitsluiting probeer elke speurder die saak op hul eie op te los. Die verhaal neem die leser terug na die aand wat ‘Sieldood’ begin het. Die uniekheid van die moorde besorg aan die moordenaar die bynaam die ‘Besnyer’. ʼn Nuwe ritueel met ʼn verslawende drang is binne hom gebore. Hy gaan aanhou moor tot hy gestop word. Geskend is die derde boek van die Donkerder-reeks wat uit vier boeke bestaan.

Afrikaans

Verdrink (Donkerder Boek 2)

ʼn Dertienjarige seun verdrink onder verdagte omstandighede by sy skoolmaat se huis. Donovan Marais het jare tevore sy eie kind deur ʼn verdrinking aan die dood afgestaan. As speurder in beheer van die ondersoek, begin hy lusteloos aan die saak te werk, gretig om die dossier te sluit. Tot hy die gesin ontmoet by wie se huis die verdrinking plaasgevind het. Die pa met sy donker verlede, die beeldskone ma wat ʼn dodelike aura afgee en hul tingerige seun met sy vreemde gelaat. Was dit ʼn ongeluk of moord?

Afrikaans

Sieldood (Donkerder Boek 1)

Sieldood is ‘n term wat speurder Ruan Roos self geskep het om te verwys na gewetenlose psigopate. Hul slagoffers wie se moord hy moet ondersoek, terwyl hul grusame beelde by hom spook en hul hartgebroke families vir antwoorde wag. Die laaste moordtoneel die ergste nog en Ruan vermoed dis die begin van ‘n nuwe reeksmoordenaar se veldtog. ‘n Ondersoek waarby hy uitgesluit word, en dit na die wrede prent van die twee slagoffers reeds in sy geheue ingebrand is. Genoeg om hom na waansin te dryf. Om sake te vererger word hy na ‘n skietvoorval op verlof geplaas. Getraumatiseerd en vol wroeging onderneem hy om sy eie veldtog te begin. Identifiseer ʼn skurk en pas geregtigheid toe.

English

An Art: A Tale of a Fighter's Transcendence

An Art is the story of a professional fighter who returns to his home country to compete in a major MMA event. During his six weeks training camp in a small, isolated town situated amongst beautiful mountains, he discovers the true meaning of martial arts under the guidance of his new coach, but also learns about love from a beautiful yoga instructor and her five-years old boy who teaches him meditation, mindfulness and ultimately self-transcendence.

English

Nirvana

An entertaining short story filled with dark humour. ‘A realization struck Tommie like a shock wave from an atomic bomb. He was completely paralyzed, his eyes the only part of his body he was able to move. He was neither in an operation theatre nor in a recovery room. He was on an autopsy table in the middle of a morgue.’ The novella is about two students visiting the city’s most exclusive nightclub ‘Nirvana’ with the hope of losing their virginities. Their night takes a macabre turn for the worst after they experimented with an unknown drug quite ironically also called ‘Nirvana’. Jerome wakes up in a flower garden, while his missing friend Tommie wakes up incapacitated on an autopsy table.

Afrikaans

Nirwana

ʼn Vermaaklike kort verhaal gevul met donker humor. ‘Tommie kry dit reg om sy een oog effens groter oop te maak, terwyl hy voortgaan om die gruwelike charade dop te hou wat voor hom afspeel. Sy hangende oog knip verbete, terwyl sy verstandigheid baklei teen die surrealistiese gedagte dat hy homself in ʼn lykshuis bevind.’ Die novelle handel oor twee studente wat die stad se eksklusiefste nagklub ‘Nirwana’ besoek met die hoop om hul maagdelikheid te verloor. Ongelukkig neem hul aand ʼn makabere wending na hul eksperimentering met ʼn onbekende dwelm wat heel ironies ook ‘Nirwana’ genoem word. Jaco skrik wakker in ʼn blomtuin, terwyl sy vermisde vriend Tommie magteloos wakker skrik op ʼn outopsie tafel.

CONTACT ME

deonroux@hotmail.com

Deon Roux © 2024